h1

Van Strategie tot Proses

September 6, 2010

In my vorige blog (http://wp.me/pPx0P-w) het ek geskryf oor verskillende strategië wat gevolg kan word in jou besigheid. Ek hoop jy het al besluit watter een vir jou sal werk en begin met die beplanning om dit te implementeer. ‘n Paar jaar gelede het ek ‘n artikel geskryf vir Management Today waar ek beskryf hoe jy jou strategie neem en dit afbreek tot op proses vlak vir implementeering. Ek het besluit om dit hier te plaas en hoop dit sal jou ook help. 

It is often uttered that the organisation’s strategy should determine the organisation’s business processes and that the business processes in turn are there to realise the strategy. But how does one go about doing this? How do you get from strategy to process and back?

A Balanced Strategy

In theory the opening statement makes good business sense, but sometimes we get lost in the little steps to take us from A to B. Our point of departure should therefore be to define our strategy. By using a Strategy Map (a concept using the Balanced Scorecard to “map out” the organisation’s strategy) the organisation can map its strategy onto four “layers” of strategy being Financial, Customer, Internal Process and Learning and Growth.

The financial perspective provides a view of how the shareholders perceive the organisation (i.e. the organisation’s bottom-line), the customer perspective provides a view of how the customers perceive the organisation (how the organisation provides value to the customer), the internal business process perspective provides a view of what the organisation must excel at to be competitive (the translation of customer-based value adding measures into measures reflecting the organisation’s internal operations), the innovation and learning perspective sets measures that help the organisation compete in a changing business environment (how the organisation continue to improve and create value).

And Then There Was Process

So where do the business processes come in? you may ask. The business processes will fit into the Internal Process layer, but not just yet. First we need to define the Value Chain of the organisation. The Value Chain will provide a holistic view of the organisation, highlighting core and supporting processes on which to build the lower level business processes. The Value Chain thereby helps define the organisations core competencies and the areas where it could achieve competitive advantage.

The various business processes will have specific measurements, Key Performance Areas and Key Performance Indicators that are used to assess performance and control processes. These must be used to move from the strategic objectives and measurements into process level measurements that can be used within an improvement project.

Linking It All Together

Figure 1 provides an illustration of how the strategy is translated into an executable improvement initiative at the business process level using a strategy map. The improvement initiative (Six Sigma, Lean, TOC, TQM, etc) will use the measures, objectives and targets from the strategic level and translate that into the business process level to identify the area for improvement.

  

Figure 1: Linking Strategy to Process

It is important to ensure that by improving the business process (and related process measurements) the strategic targets will be met and are not standing in isolation. Any such improvement initiative then becomes directly aligned to the organisation’s strategy and benefit can be traced from process level to value chain level to strategic level. It is important to note that the strategy measurements and business process level measurements should always be complementary to each other. The one should never be developed without cognisance of the other.

In Closing

There might be various schools that are either in support of or against some of the approaches used in this paper, but the fact remains that organisations need a clear and comprehensive method of taking strategy and transforming it into executable initiatives. The method described in this paper is one way of moving from strategy to process, explaining the steps in between, and ultimately providing a method to realise organisational strategy.

Volg my gerus op Twitter by @Willie_Krause of op facebook by http://www.facebook.com/?ref=home#!/group.php?gid=333238451957

Groete

Willie

h1

Strategie (2)

Augustus 15, 2010

‘When it comes to the future, there are three kinds of people: those who let it happen, those who make it happen, and those who wonder what happened.’ Professor John M. Richardson, Jr

In my vorige blog (http://wp.me/pPx0P-s) het ek gesê ons gaan kyk na ‘n paar oorhoofse of generiese strategië. As jy ‘n bietjie gaan rondsoek, sal jy vind dat hierdie strategië verskillende vorme en name kan aanneem. Ek gaan daarom nie probeer om al die tipes hier te noem nie, maar slegs om ‘n goeie idée te gee wat beskikbaar is en waarde kan toevoeg.

 • Lae koste leierskap – om gebruik te maak van spesifieke eienskappe om ‘n lae-koste posisie te kan behou. Dit word gedoen deur onder andere koste optimisasie, verskaffers te vind wat die laagste pryse vra vir insetmateriaal, ‘n lae administratiewe koste model te volg en hoë volumes aan te koop teen laer pryse.

• Differensiasie – wanneer ‘n spesifieke attribuut van ‘n produk of diens gebruik word om die maatskappy van die kompetisie te onderskei. Dit kan insluit die verkoopskanale wat gebruik word, die eienskappe van die produk, die diensnetwerk, die kwaliteit van die produk of die beeld (“image”) wat daarmee vereenselwig word.

• Fokus – hierdie strategie fokus op ‘n baie spesifieke mark segment (“niche market”). Die maatskappy sal aandag gee aan ‘n mark met byvoorbeeld ‘n spesifieke finansieringsbehoefte, ‘n spesifieke diensprobleem of ander spesifieke behoeftes binne ‘n normaalweg onderwaardeerde mark.

Binne hierdie oorhoofste strategië kan ook die volgende besigheidsstrategië gevind word.

• Gekonsentreerde groei

• Mark ontwikkeling

 • Produk ontwikkeling

• Innovasie

• Horisontale integrasie

• Vertikale integrasie

• Diversifikasie

• Samewerking (“Joint Venture”)

• Strategiese alliansie

Maar die groot, praktiese vraag is seker – so waar begin ‘n mens? Brian Tracy stel die volgende voor in sy boek Turbostrategy:

Strategic planning requires that you begin with a realistic and honest assessment of exactly where you are and what you are today. This becomes your starting point for strategic planning and strategic thinking. It becomes the foundation upon which all future decisions are made. Start Where You Are:

1. What is working the very best in your business today? What parts of your business make you the happiest?

2. What is not working in your business? What causes you the most aggravation and frustration?

3. What are your most important products and markets? What accounts for the largest portion of your revenues?

4. Who are your most important people? Who are the people who account for most of your results?

5. What are your special talents and skills? What is it you do that accounts for most of your success?

6. What are the major changes taking place in your market? What changes should you make to compensate for them?

7. What are your most treasured assumptions about your people, customers, markets, products, services and yourself? What if one of them wasn’t true? What would you do then?

Nou dat jy weet waar jy is – wat jou huidige situasie is – hoe maak jy ‘n keuse ten opsigte van jou besigheid se strategie? Brian het die volgende advies:

1. What are your specific, measurable long-term goals for sales and profitability in your business? Write them down.

2. What are the specific objectives of sales, staffing, production, delivery and customer development that you will have to achieve to accomplish your goals?

3. What are the various ways that you can meet your objectives and achieve your goals? What is the best strategy for you in today’s market?

4. What should you do more of and really focus on to increase your sales and profitability?

5. What should you do less of, based on your current experience? What’s not working?

6. What should you start doing that you are not doing today? What opportunities are available to you?

7. What should you discontinue, and stop doing altogether, so that you can free up resources for more profitable activities? Ek hoop hierdie sal jou help om ‘n duidelike en goed deurdagte strategie vir jou onderneming te bepaal. Sterkte!

Willie.Krause@alphaconsultingservices.co.za

Volg my by @willie_krause op Twitter

h1

Strategie (1)

Augustus 11, 2010

In die volgende paar blogs gaan ek ‘n paar aspekte van besigheidstrategie behandel. Dit is ‘n wye en amper net so diep onderwerp, maar ek gaan probeer om ‘n paar sleutel beginsels te verduidelik wat ek glo groot waarde kan toevoeg tot enige besigheidseienaar.

Die woord “strategie” kom van die Grieks strategos, wat verwys na ‘n millitêre generaal en kombineer stratus (die weermag) en ago (om te lei). Die primêre taak van strategiese bestuur is om die omgewing te verstaan, om die organisasie se doelwitte te definieër, opsies te identifiseer, besluite te implementeer en werkverrigting te evalueer.

‘n Model wat gebruik kan word vir strategiese beplanning is DDSPA (GOSPA in engels)

Doelstellings – hierdie is waartoe ons strewe, ‘n eindbestemming bv om ‘n markleier te wees in die hardeware industrie. 

Doelwitte – dit is die resultate wat ons moet lewer en is meetbaar en tydsgebonde bv 90% diensvlakke handhaaf per maand.

Strategië – hoe gaan ons die doelwitte bereik? Brei ons die produk uit in ‘n nuwe marksegment, ontwikkel ‘n nuwe produk of implementeer ‘n nuwe kwaliteitsbeheer proses.

Planne – hierdie is die spesifieke elemente van die strategie bv ontwikkel produkspesifikasies teen einde Mei.

Aksies – wat is die detail in die plan? George moet Dorethy by ABC Designs kontak en die nuwe kontrak bespreek.

In die volgende blog gaan ek meer kyk watter oorhoofse strategië bestaan en hoe jy dit kan toepas in jou besigheid om by jou doelstellings en doelwitte uit te kom.

Willie.Krause@alphaconsultingservices.co.za

Twitter: @Willie_Krause

h1

Doelwitte

Maart 16, 2010

As iemand jou sou vra wat jou doelwitte is vir die verskillende fassette van jou lewe of besigheid, sal jy dit maklik en in detail kan antwoord? Is dit iewers neergeskryf en hersien jy dit gereeld? Het jy ‘n prentjie in jou kop van wat jou doelwitte is? Of het jy geen idee wat dit is nie?! Ek lees op die internet van ‘n opname wat ‘n koerant gedoen het onder hulle lesers waarin gevra is of lesers hulle doelwitte vir die vorige jaar bereik het. 46% van die lesers wat hulle doelwitte neergeskryf het, het dit bereik. Daarteenoor het slegs 4% van die lesers wat nie hulle doelwitte neergeskryf het nie, gesê hulle het dit bereik.

Daar is ‘n model wat lewensafrigters (life coaches) gebruik om te bepaal op watter afdelings hulle moet fokus tydens sessies met hulle kliënte. Hierdie model kan gebruik word om gebalanseerde lewensdoelwitte op te stel. Die afdelings waarvoor ‘n mens doelwitte moet stel is:

  • Leef jou roeping
  • Geestelike groei
  • Persoonlike groei
  • Gesondheid
  • Loopbaan
  • Finansies
  • Huwelik/Verhoudings
  • Vriende en Familie

Vir elkeen van hierdie punte moet jy doelwitte opstel wat spesifiek, meetbaar, haalbaar, realisties en tydsgebonde is.

Spesifiek Doelwitte moet duidelik stel wat bereik moet word.
Meetbaar Jy moet kan meet of jy jou doelwitte bereik of nie.
Haalbaar Kan die doelwitte binne die gegewe tydskale bereik word?
Realisties Kan jy realisties die doelwitte bereik met die hulpbronne tot jou beskikking?
Tydsgebonde Wanneer moet die doelwitte voltooi wees?

 

Wanneer jy ‘n besigheidseienaar is moet jy ook doelwitte opstel vir jou besigheid wat aan die boonste kriteria voldoen. Hierdie doelwitte kan wees per funksionele area en moet altyd in lyn wees met die strategie van die besigheid.

‘n Nie so goed gedefinieërde doelwit: Om die boekverkope met 20% te vermeerder.

‘n Goed gedefinieërde doelwit: Om die boek Strategie vir Bestuurders se verkope met 5% per jaar te verbeter oor die volgende 3 jaar.

Dit is belangrik dat wanneer jy ‘n doelwit opstel, dit ook saam met ‘n aksieplan moet gaan. Die aksieplan moet beskryf hoe die doelwit bereik gaan word en wie verantwoordelik is om die plan uit te voer.

Onthou dus om doelwitte op te stel, ‘n aksieplan in plek te sit om dit te kan uitvoer, maar die belangrikste, om alles neer te skryf en gereeld na te gaan!

Groete

Willie Krause

Willie.Krause@alphaconsultingservices.co.za

Twitter: @Willie_Krause (http://twitter.com/#search?q=Willie_Krause)

Facebook: http://www.facebook.com/home.php?#!/group.php?gid=333238451957

LinkedIn: http://za.linkedin.com/pub/willie-krause/1/511/b16

h1

Nie so voor die handliggend

Maart 7, 2010

Ek is seker dat elke besigheidspersoon al die advies gehoor het om te kyk na wat beste praktyk (best practice) is en dit dan te implementeer om seker te maak jou besigheid groei en is die beste in die mark. Ek stem saam dat om te kyk wat die beste besighede daar buite doen en dan seker te maak dat jy daarmee vergelyk baie waarde vir jou besigheid kan inhou, maar is dit genoeg? Maak dit van jou die beste, of maak dit jou net gelyk met al die ander “voorlopers”? Ek vergelyk dit met die hardloop van ‘n marathon. Jy sien gewoonlik tot baie na aan die einde van die wedloop ‘n groep atlete wat saam voor hardloop. Ja, jy hardloop voor, maar in die bondel saam met ander atlete.

Ek sê altyd dat om beste praktyk toe te pas is die maklike antwoord – en almal kan dit navolg en doen. Dit is nie meer ‘n onderskeidingsfaktor nie maar ‘n minimum vereiste. Wat nodig is, glo ek, is om te vra “wat is die nie so voor die handliggende antwoord?”. As beste praktyk is om kliënte navrae te antwoord binne 24 uur deur middel van ‘n e-pos, moet ek nie probeer om navrae te beantwoord binne 12 uur deur ‘n sms te stuur na die kliënt wat hom ‘n skakel gee na sy antwoord op die besigheid se webtuiste of blog nie?

Wanneer ek ‘n dinkskrum hou vra ek altyd vir die deelnemers in die vertrek om alles te lys wat beskou kan word as beste praktyk en daarna om na al die antwoorde te kyk en met idees op te kom wat dit kan verbeter – die nie so voor die handliggende antwoorde. Dit mag ook beteken dat jy soms die sogenaamde reëls wat deur beste praktyk voorgeskryf word verbreek. In ‘n onlangse projek het ons ‘n hele paar sulke reëls verbreek en gekombineer met ‘n paar nie so voor die handliggende idees om op te kom met ‘n oplossing wat ek glo beter resultate gaan gee as beste praktyk.

‘n Goeie voorbeeld in die toepassing van die nie so voor die handliggende beginsel kan verkry word in die Bybel toe Jesus sy bestuurspan (dissipels) saamgestel het. Die voor die handliggende keuses sou wees om prominente Jode met baie geestelike kennis te kies om in hierdie span te dien. Maar wie kies Jesus? Die nie so voor die handliggende keuses:

  • Mattheus – was ‘n tollenaar;
  • Simon, Andreas en Johannes – was vissermanne;

Daar word ook verder van Jesus geskryf dat mense gevra het “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?”. Iets wat beslis nie as beste praktyk beskou is nie.

So waar in jou besigheid moet jy gaan soek na die nie so voor die handliggende antwoorde? Is dit ‘n nuwe produk of diens, ‘n besigheidsproses, ‘n nuwe mark of die manier hoe jy jou werkers motiveer? Een ding is seker, as jy wil uitstyg bo die res, dan is dit tyd om anders te dink!

Daar is baie tegnieke beskikbaar op die internet om jou te help om met hierdie nuwe idees op te kom, maar as jy hulp nodig het om sulke sessies te fasiliteer, skakel my gerus.

Hier is twee skakels om die proses te begin. Geniet dit!

http://www.innovationtools.com/

http://www.creativity-portal.com/howto/creativity/creativity.html

 

Groete

Willie Krause

Willie.Krause@alphaconsultingservices.co.za

Ons Facebook groep: http://www.facebook.com/home.php?#!/group.php?gid=333238451957

h1

Wat is jou realiteit?

February 28, 2010

In Jannie le Roux se boek, Fokus – dagstukke vir mans, skryf hy in een van die dagstukkies die volgende: “Gene van ‘n skerpioen wat ‘n plant weerstand gee teen insekte. Gene van ‘n vis wat aarbeie weerstand gee teen ryp?” Hy verwys hier na Wolfgang Gruike se boek Ten Lessons from the Future en hoe hierdie dinge moontlik is deur biotegnologie en DNA manipulasie. Hy skryf dat dit “’n totale nuwe wêreld (is) wat ontwikkel deur die DNA van enigiets te bekyk en te verander”. En verder dat “leiers deel is van ‘n nuwe DNA – Dink Nuut en Anders!”.

Of jy nou saamstem met DNA manipulasie of nie, maak nie dit minder van ‘n realiteit nie. Dit is werklikheid, of jy nou daarvan hou of nie. Net so is daar ook baie kere ander dinge wat oor ons pad kom wat ons nie noodwendig mee saamstem of van hou nie, maar ‘n realiteit van ons wêreld is. Dinge soos die hoeveelheid belasting wat jy (of jou besigheid) moet betaal, BEE vereistes, die ekonomiese krisis en baie ander dinge. Die vraag is: wat doen jy met daardie realiteit en hoe reageer jy daarop? Ignoreer jy die realiteit en hoop dit gaan weg, of dink jy nuut daaroor en hoe jy binne daardie nuwe realiteit kan funksioneer en floreer?

Jannie le Roux voorsien ons met goeie raad oor hoe ons hierdie saak kan hanteer aan die hand van die letters DNA.

D = Dink altyd nuut, want nuwe omstandighede en nuwe monsters (realiteite) vra nuwe denke.

N = Naby God het nog altyd die ergste vrese besweer, want vertroue help jou om jou vrese te besweer.

A = Ander is in dieselfde situasie as jy, en deur hulle en jou eie energie en potensiaal saam met God s’n te resoneer, bring ‘n nuwe toekoms.

Ten slotte laat ek julle met tien punte om te help met goeie leierskap deur Trevor Ketler (www.Ketler.co.za).

Turning People into Leaders:

10 Tips for Being a Great Leader

1. Know yourself. Understand your strengths and weaknesses. Leaders are self-reflective, and don’t make promises you can’t keep.

2. Don’t be afraid to ask others for help. No one has all the answers. Reach out and expand the knowledge base available to solve problems.

3. Invest in others. Leaders win loyalty through their generosity to others. Give and you will get.

4. Recruit people around you who are smarter than you are. A chain is only as strong as its weakest link. Forge the strongest possible team.

5. Learn how to run effective meetings. Find out what you have to know before, during, and after meetings to become an effective chair and/or contributor.

6. Be prepared. Complaining is for the birds. Don’t risk compromising your credibility and authority by entering into a situation without appropriate research and advance preparation.

7. Maintain a professional tone in all communication. Assume that every e-mail, memorandum, letter, or just advice you give will become part of the public record. In an age of transparency and access to information, this may very well turn out to be the case.

8. Stay positive. People turn to leaders for inspiration and a reason to believe. Give them the positive energy they need to keep going, no matter what.

9. Have a vision. Leaders are people who raise the bar. Keep your vision moving forward, and think creatively.

10. It’s not about you. Everyone wants to be liked, but there is nothing worse than being described as a nice person but an ineffectual leader. Forget your ego, and get the job done. People will admire you all the more for it.

Baie sterkte en mag God vir jou seën met wysheid en nuwe denke!

Volg my op Twitter by Willie_Krause of sluit aan by ons Facebook groep onder Besigheidswenke en motivering (deur Willie Krause en Alpha Consulting).

Willie Krause

Alpha Consulting Services cc

Willie.Krause@alphaconsultingservices.co.za

h1

Welkom by my nuwe blog

February 28, 2010

Welkom by my nuwe blog vir Alpha Consulting Services. Hierdie blog se doel sal wees om besigheidswenke te deel en die kuns van besigheid te bespreek en ‘n paar nuwe denke te deel oor wat nuut is in tegnologie, bemarkingstaktiek, produkte, motivering en alles wat te doen het met ‘n besigheid. O, en ja, ek sal soveel as moontlik die blog in Afrikaans probeer doen en fokus op die klein sake (SME) sektor.

Ek hoop jy gaan dit waardevol vind en van die idees wat ek met jou deel kan toepas in jou eie besigheid. Ek wil jou ook graag aanmoedig om aan te sluit by ons Facebook groep onder die naam Besigheidswenke en motivering (deur Willie Krause en Alpha Consulting) of as jy op Twitter is volg my gerus onder Willie_Krause. Neem asseblief deel in die besprekings en deel jou ervarings met die res van ons.

Geniet die blog en kom loer gereeld in om te sien of hier nuwe inhoud op die blad is!

Groete

Willie

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.